Leviticus 23:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar sewe dae lank moet julle 'n vuuroffer aan die HERE bring; op die sewende dag is dit 'n heilige samekoms; geen dienswerk mag julle daarin doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op elk van die volgende sewe dae moet die volk ’n vuuroffer vir die Here bring. Op die sewende dag moet die volk weer ophou werk om ’n heilige byeenkoms te hou.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Sewe dae lank moet julle offers aan die Here bring. Die sewende dag moet julle weer 'n gewyde byeenkoms hou, en niemand mag werk nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sewe dae lank moet julle daagliks 'n offergawe vir die Here bring. Op die sewende dag is daar 'n heilige byeenkoms. Julle mag geen gewone take verrig nie.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die Here 'n vuur-offer bring op elkeen van hierdie sewe dae. Op die sewende dag moet julle weer bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag dan nie die werk doen wat julle altyd doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op elkeen van die volgende sewe dae moet julle vir die Here ’n offer bring wat verbrand word. Op die sewende dag moet julle weer ophou met al julle werk en weer vir die Here bymekaarkom.” |