Leviticus 23:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die vyftiende dag van dieselfde maand is die fees van die ongesuurde brode tot eer van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die dag na die Paasfees begin die Fees van die Ongesuurde Brood. Die fees vir die Here hou vir sewe dae lank aan en gedurende dié tyd mag julle net brood eet wat gemaak is sonder suurdeeg. |
| Afrikaans 1933/1953 | en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. |
| Afrikaans 1983 | Op die vyftiende van dieselfde maand begin die fees van ongesuurde brood tot eer van die Here. Sewe dae moet julle ongesuurde brood eet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die vyftiende dag van hierdie maand begin die Fees van Ongesuurde Brood vir die Here. Sewe dae lank moet julle ongesuurde brood eet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Fees van die Ongesuurde Brood begin op die vyftiende dag van dieselfde maand. Dan moet julle sewe dae lank ongesuurde brood eet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die volgende dag, die vyftiende dag, begin die fees van die brode waarin daar nie suurdeeg is nie. Sewe dae lank moet julle brood eet waarin daar nie suurdeeg is nie om die Here te vereer. |