Leviticus 23:43 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het: Ek is die HERE julle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal elke nuwe geslag Israeliete herinner aan hulle voorouers wat so in hutte moes leef toe Ek hulle uit Egipte gered het. Ek, die Here, is julle God.”
Afrikaans 1933/1953 sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
Afrikaans 1983 Die doel daarmee is dat julle nageslag moet weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipte laat trek het. Ek is die Here julle God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) sodat julle nageslagte kan weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland laat wegtrek het. Ek is die Here julle God.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) sodat julle nageslag sal weet dat Ek die Israeliete in hutte laat woon het toe Ek hulle uit die land Egipte gebring het. Ek is julle God die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal julle nageslag daaraan herinner dat Ek die Israeliete in hutte laat bly het toe Ek hulle uit Egipte uit weggevat het. Ek is die Here julle God.”