Leviticus 23:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet dit sewe dae in die jaar 'n fees tot eer van die HERE hou. Dit moet 'n ewige insetting wees in julle geslagte; in die sewende maand moet julle dit vier.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet hierdie fees van sewe dae vir die Here elke jaar vier. Dit is ’n permanente reëling vir julle en moet ook deur toekomstige geslagte nagekom word.
Afrikaans 1933/1953 En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
Afrikaans 1983 Julle moet hierdie fees van die Here elke jaar sewe dae lank vier. Dit moet 'n vaste instelling wees vir julle nageslag. Julle moet dit in die sewende maand vier.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle moet dit as 'n fees ter ere van die Here vier sewe dae lank in die jaar. Dit is 'n vaste voorskrif wat vir altyd vir julle nageslagte geld. In die sewende maand moet julle hierdie fees vier.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die fees elke jaar sewe dae lank vier. Julle en julle nageslag moet die fees altyd in die sewende maand vier.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit moet vir julle en julle nageslag ’n vaste gebruik wees dat julle elke jaar in die sewende maand sewe dae lank hierdie fees vir die Here vier.