Leviticus 23:40 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet op die eerste dag vir julle die takke van pragtige bome, palmtakke en die takke van digte bome en wilgers van die spruit neem; en julle moet sewe dae lank vrolik wees voor die aangesig van die HERE julle God.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem en ook palmblare en ander takke waaraan daar blare is en ook wilgers wat by riviere groei, bymekaarmaak. Vier dan sewe dae lank met blydskap fees in die teenwoordigheid van die Here.
Afrikaans 1933/1953 En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.
Afrikaans 1983 Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem saam met palmblare en takke van digte bome en rivierwilgers, en dan moet julle sewe dae lank met vreugde feesvier by die heiligdom van die Here julle God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die eerste dag moet julle vrugte van lowerryke bome neem saam met palmtakke, die takke van welig groeiende bome en rivierwilgers, en voor die Here julle God sewe dae lank vrolik wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die eerste dag moet julle sitrusvrugte neem en palmtakke en takke van bome wat baie blare het en bome wat langs water groei. Julle moet sewe dae lank feesvier voor julle God die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die eerste dag moet julle takke van vrugtebome, palmtakke, takke van bome met digte blare en takke van rivierwilgers afpluk. Dan moet julle sewe dae lank feesvier voor die Here julle God.