Leviticus 23:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is die feestye van die HERE, heilige samekomste, wat julle op die regte tyd moet uitroep. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Behalwe die Sabbatdag, het die Here ook feeste ingestel, heilige byeenkomste wat op spesifieke tye gedurende die jaar gehou moet word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die feestye van die HERE, die heilige vierdae wat julle moet uitroep op hulle bepaalde tyd. |
| Afrikaans 1983 | “Verder is daar ook die volgende feeste tot my eer, gewyde byeenkomste wat julle op vasgestelde tye moet vier: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Die feesdae van die Here, die heilige byeenkomste wat julle moet uitroep op hulle vaste tye, is die volgende: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Hierdie is die feeste van die Here, dit is die tye wanneer julle moet bymekaarkom om julleself te wy. Julle moet die feeste vier op die tye wanneer julle dit moet doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Naas die sabbatdag is daar nóg vaste feesdae van die Here waarop julle byeenkomste vir My moet hou.” |