Leviticus 23:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die vrugte van die land insamel, moet julle sewe dae lank 'n fees tot eer van die HERE vier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Huttefees val op die vyftiende dag van die sewende maand nadat julle die opbrengs van die land geoes het. Dit duur sewe dae lank. Onthou dat die eerste en die agtste dag van die fees rusdae sal wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. |
| Afrikaans 1983 | “Julle moet dus op die vyftiende van die sewende maand wanneer julle die vrugteoes insamel, sewe dae lank die fees van die Here vier. Die eerste en die agste dag moet rusdae wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Onthou net, op die vyftiende dag van die sewende maand, wanneer julle die opbrengs van die land insamel, moet julle die fees van die Here sewe dae lank vier. Die eerste dag van die fees is 'n buitengewone Sabbat en die agtste dag is 'n buitengewone Sabbat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Op die vyftiende dag van die sewende maand moet julle begin om die fees van die Here te vier. Julle moet dit net op hierdie dag vier wanneer julle klaar die koring en die gars afgesny het en die vrugte gepluk het. Julle moet die fees sewe dae lank vier. Die eerste en die agste dag is spesiale Sabbatdae. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer die fees van die hutte op die vyftiende van die sewende maand begin, is dit ook die tyd dat julle die vrugte van die land begin oes. Dit is dan dat julle sewe dae lank die fees van die Here vier. Die eerste en die agtste dag is rusdae. |