Leviticus 23:38 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie feeste moet gehou word bo en behalwe die Sabbatdae van die Here. Die offers wat gebring word, word gegee naas julle persoonlike gawes en die offers wat julle maak om ’n gelofte na te kom of enige vrywillige offer wat julle vir die Here bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee. |
| Afrikaans 1983 | Daarnaas is daar nog die gewone sabbatte van die Here, die gewone geskenke aan die heiligdom en al die offers wat julle bring om geloftes na te kom of wat julle vrywillig aan die Here gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | afgesien van die gewone Sabbatte van die Here, julle gewone gawes, al julle gelofte-offers en al julle vrywillige offers wat julle aan die Here gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook die Sabbatdae van die Here vier en julle moet julle presente en julle gelofte-offers bring en ook al die offers wat julle self graag vir die Here wil gee. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dae moet gevier word bo en behalwe die gereelde rusdae van die Here op elke sewende dag. Die offers wat julle by die feeste bring, kom nog by die geskenke en die offers wat julle vir die Here belowe het en by die vrywillige offers wat julle uit julle eie vir die Here bring. |