Leviticus 23:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste, om 'n vuuroffer aan die HERE te bring, 'n brandoffer en 'n spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers, alles op sy dag.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is al die Here se jaarlikse feeste, die feeste met heilige byeenkomste, en bring al die verskillende vuuroffers vir die Here: brandoffers, graanoffers, offermaaltye, drankoffers, elkeen op die gepaste dag.
Afrikaans 1933/1953 Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE 'n vuuroffer te bring: 'n brandoffer en spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;
Afrikaans 1983 “Dit is die feestye wat deur die Here bepaal is, die tye waarop julle gewyde byeenkomste moet hou om offers aan die Here te bring: brandoffers en graanoffers, maaltydoffers en drankoffers soos vir elke feesdag voorgeskryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Dit is die feesdae van die Here wat julle as heilige byeenkomste moet uitroep om offergawes aan die Here te bring: brandoffers, graanoffers, maaltydoffers en drankoffers soos wat daar vir elke feesdag vereis word,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Dit is die feeste van die Here wat julle moet vier. Julle moet bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle moet 'n vuur-offer vir die Here bring, 'n brand-offer en 'n koring-offer en drank-offers, julle moet elke dag die offers bring wat die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is dan al die feesdae van die Here. Op hierdie dae moet julle byeenkomste hou. Bring vir die Here offers wat verbrand word, offers wat op die altaar gebring word, offers wat julle saam met die Here eet en ook offers van wyn soos dit vir elkeen van die feesdae bepaal is.