Leviticus 23:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sewe dae lank moet julle 'n vuuroffer aan die HERE bring; op die agtste dag moet dit vir julle 'n heilige samekoms wees; en julle moet 'n vuuroffer aan die HERE bring. Dit is 'n feestyd; en julle mag geen dienswerk daarin doen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Op elk van die sewe feesdae moet julle vuuroffers vir die Here bring. Op die agtste dag moet julle weer bymekaarkom vir ’n heilige byeenkoms en nog ’n vuuroffer vir die Here bring. Dit moet ’n plegtige byeenkoms wees en geen werk mag op dié dag gedoen word nie.
Afrikaans 1933/1953 Sewe dae lank moet julle aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring. Dit is 'n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
Afrikaans 1983 Sewe dae lank moet julle offers aan die Here bring. Op die agste dag moet julle weer 'n gewyde byeenkoms hou en offers aan die Here bring. Dit moet 'n besondere feesdag wees. Niemand mag dan werk nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sewe dae lank moet julle daagliks 'n offergawe vir die Here bring. Op die agtste dag moet julle 'n heilige byeenkoms hou en ook 'n offergawe vir die Here bring. Dit is 'n gewyde rusdag, julle mag geen gewone take verrig nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet sewe dae lank elke dag vir die Here 'n vuur-offer bring. Op die agste dag moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy en vir die Here 'n vuur-offer bring. Dit is 'n gewyde feesdag, en julle mag nie die werk doen wat julle altyd doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die volgende sewe dae moet julle elke dag vir die Here ’n offer bring. Die agtste dag is ’n besondere feesdag. Julle moet op daardie dag weer bymekaarkom en vir die Here nog ’n offer bring. Julle moet ook op hierdie dag julle werk laat staan.”