Leviticus 23:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Op die eerste dag moet daar 'n heilige samekoms wees; geen dienswerk mag julle daarin doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit begin met ’n heilige byeenkoms en al julle werk moet tot stilstand kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Op die eerste dag moet daar 'n heilige vierdag wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Op die eerste dag van die fees moet julle 'n gewyde byeenkoms hou. Niemand mag dan werk nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op die eerste dag is daar 'n heilige byeenkoms. Julle mag geen gewone take verrig nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die eerste dag moet julle bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie die werk doen wat julle altyd doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moet op die eerste dag vir die Here saamkom. Julle moet op daardie dag ook al julle werk laat staan. |