Leviticus 23:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit moet vir julle 'n sabbat van rus wees, en julle moet julle siele verdruk; op die negende dag van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat vier.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal ’n Sabbat van rus vir julle wees, ’n dag waarop julle julleself moet verneder. Die tyd van rus en vas sal die aand voor die Dag van Versoening begin en dit sal duur tot die aand van daardie dag.”
Afrikaans 1933/1953 'n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.
Afrikaans 1983 Dit moet vir julle 'n plegtige rusdag wees waarop julle vas. Julle moet rus van sononder af op die negende van die maand tot sononder op die tiende.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir julle is dit 'n buitengewone Sabbat, en julle moet julle die aand van die negende van die maand verootmoedig. Julle moet van sononder tot sononder julle Sabbat vier.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is vir julle 'n baie spesiale Sabbatdag. Julle moet begin vas op die aand van die negende dag en julle moet die Sabbatdag tot die volgende aand vier.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dag van vrede moet ’n dag wees waarop julle julleself van alles losmaak en voor God kom neerbuig. Dit moet begin op die aand van die negende dag en aangaan tot die aand van die tiende dag.”