Leviticus 23:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die tiende dag van hierdie sewende maand moet daar 'n versoendag wees; 'n heilige samekoms moet dit vir julle wees; en julle moet julle siele verdruk en 'n vuuroffer aan die HERE bring.
Afrikaans (NLV) 2011 “Onthou om die Dag van Versoening te vier op die negende dag ná die Fees van die Trompette. Op dié dag moet julle julleself verootmoedig, ’n heilige byeenkoms hou en vuuroffers vir die Here bring.
Afrikaans 1933/1953 Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. 'n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE 'n vuuroffer bring.
Afrikaans 1983 “Op die tiende van die sewende maand is dit die versoendag. Julle moet dan 'n gewyde byeenkoms hou, en julle moet vas en aan die Here offers bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Onthou net, die tiende dag van hierdie sewende maand is die •Dag van Versoening. Julle moet 'n heilige byeenkoms hou. Julle moet julle verootmoedig en vir die Here 'n offergawe aanbied.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Op die tiende dag van hierdie sewende maand, is dit Versoendag, dit is net op hierdie een dag. Julle moet bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle moet vas en julle moet vir die Here 'n vuur-offer bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die jaarlikse dag waarop daar vrede tussen My en julle kom, is op die tiende dag van dieselfde sewende maand. Julle moet dan weer vir My bymekaarkom. Julle moet op daardie dag niks eet nie en oor julleself nadink. Julle moet ook weer offers vir die Here bring wat op die altaar verbrand word.