Leviticus 23:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste dag van die maand, moet vir julle 'n sabbat wees, 'n gedenkteken van die blaas van basuine, 'n heilige samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | om hierdie instruksies vir die Israeliete te gee: “Op die eerste dag van die sewende maand in die vroegherfs moet julle ’n dag van rus vier. Alle werk moet op dié dag tot stilstand kom. Die volk word met die harde geblaas van ’n trompet opgeroep tot ’n heilige byeenkoms, die Fees van die Trompette. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle 'n rusdag wees, 'n gedenkdag deur basuingeklank, 'n heilige vierdag. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir die Israeliete: Die eerste dag van die sewende maand moet 'n rusdag wees, 'n gedenkdag wat met die blaas van ramshorings aangekondig word, 'n gewyde byeenkoms. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Sê vir die Israeliete, ‘Die eerste dag van die sewende maand moet vir julle 'n buitengewone Sabbat wees, 'n herdenkingsdag, aangekondig met geskal, 'n heilige byeenkoms. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir die Israeliete sê: Julle moet op die eerste dag van die sewende maand 'n spesiale Sabbatdag vier. Julle moet bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle moet ramshorings blaas en julle moet skree. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | vir die Israeliete gesê: “Die eerste dag van die sewende maand is die feesdag van herinnering. Die trompet sal blaas en dan moet julle vir die Here bymekaarkom. |