Leviticus 23:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as julle die oes van julle land insamel, mag jy die hoeke van jou land nie rein maak as jy maai nie, en jy mag geen afoes van jou oes insamel nie; jy moet dit aan die armes en die vreemdeling oorlaat en is die HERE jou God.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer julle julle lande oes, moenie die graan tot teen die kante van die lande afoes nie. Moet ook nie alles optel wat die mense wat oes, laat val het nie. Los dit vir die armes en vir die vreemdelinge wat tussen julle woon. Ek, die Here, is julle God.”
Afrikaans 1933/1953 En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Afrikaans 1983 “Wanneer julle julle lande oes, moet julle nie die wenakkers afoes of die are wat bly lê, optel nie. Julle moet dit los vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer julle die graanoes op julle lande insamel, mag jy nie die kant van jou land skoon afoes nie, en jou oesreste mag jy nie optel nie. Vir die weerloses en •vreemdelinge moet jy dit agterlaat. Ek is die Here jou God.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle die koring en die gars op julle lande afsny, dan moet julle nie alles afsny tot op die kant van die land nie. Julle moet ook nie die are optel wat val nie. Julle moet dit los vir die arm mense en vir die vreemdelinge. Ek is julle God die Here.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer julle julle lande oes, moet julle nie alles tot op die buitenste rand afoes nie. Julle moet ook nie die are wat met die oes bly lê het, agterna gaan optel nie. Los dit vir die arm mense en vir dié wat as vreemdelinge by julle bly. Ek is tog die Here julle God.”