Leviticus 23:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle moet op dieselfde dag uitroep, dat dit vir julle 'n heilige samekoms kan wees; geen dienswerk mag julle doen nie; dit moet 'n ewige insetting wees in al julle wonings in julle geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie selfde dag moet julle ophou met werk en vir ’n heilige byeenkoms vergader. Dit is ’n permanente reël vir julle en moet nagekom word waar julle ook al woon.
Afrikaans 1933/1953 En julle moet op daardie selfde dag uitroep: 'n heilige vierdag moet dit vir julle wees; g,,n beroepswerk mag julle doen nie. Dit is 'n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.
Afrikaans 1983 Op hierdie dag moet julle 'n gewyde byeenkoms hou. Niemand mag dan werk nie. Dit moet vir altyd 'n vaste instelling wees, waar julle of julle nageslag ook al woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Julle moet op daardie bepaalde dag 'n byeenkoms saamroep. Dit moet vir julle heilig wees; julle mag geen gewone take verrig nie. Dit is vir altyd 'n vaste voorskrif vir julle nageslagte, waar julle ook al woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet op dieselfde dag bymekaarkom en julle moet julleself wy. Julle mag nie die werk doen wat julle altyd doen nie. Julle en julle nageslag moet dit altyd so doen, oral waar julle woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Presies op daardie 50ste dag moet julle vir die Here bymekaarkom. Julle moet ophou met al julle werk. Dit is ’n vaste afspraak elke jaar vir julle en julle nageslag, waar julle ook al woon.