Leviticus 23:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet dit saam met die brood van die eerstelinge as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg, saam met die twee lammers; dit moet aan die HERE heilig wees vir die priester.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die priester sal hierdie offers in die teenwoordigheid van die Here oplig, saam met die brode wat die eerste opbrengs van julle oes verteenwoordig. Hierdie offers is heilig vir die Here en behoort aan die priesters.
Afrikaans 1933/1953 en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; die moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.
Afrikaans 1983 Die priester moet die twee lammers saam met die brode uit die eerste opbrengs van die oes as beweegoffer vir die Here aanbied. Dit is 'n gewyde gawe aan die Here en dit kom die priesters toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet hulle – die twee lammers – saam met die brood van die oes se eerste opbrengs, voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg. Dit is 'n heilige gawe aan die Here wat die priester toekom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet hulle heen en weer beweeg saam met die brode van die eerste koring-oes. Saam met die twee lammers is dit 'n beweeg-offer voor die Here. Dit is aan die Here gewy, en die priester moet dit kry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaar sal die lammers saam met die brood uit die eerste opbrengs van die oes aan die Here opdra. Dit word aan die Here gewy. Sy dienaars mag ook daarvan eet.