Leviticus 23:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet saam met die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme berei; dit moet as brandoffer aan die HERE wees, saam met hulle spysoffer en hulle drankoffers, 'n offer wat gebring word deur vuur, van lieflike geur tot eer van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Saam met die brood moet julle ook sewe jaaroud lammers sonder enige liggaamsgebrek, een bul en twee ramme as brandoffers vir die Here bring. Hierdie brandoffers saam met die graanoffers en die drankoffers sal as ’n vuuroffer vir die Here gebring word en sal aangenaam vir Hom wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet 'n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Behalwe al die brode moet daar ook sewe jaaroud lammers sonder liggaamsgebrek, 'n jong bul en twee ramme gebring word. Hulle moet as brandoffers aan die Here gebring word met die graanoffer en die drankoffers wat daarby behoort. Dit is 'n offer wat deur My, die Here, aanvaar word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Saam met die brood moet julle ook sewe jaaroud lammers sonder gebrek, een jong bul en twee ramme as offers aanbied. Dit moet brandoffers vir die Here wees, saam met die bepaalde graan- en drankoffers – 'n offergawe, 'n geurige offer vir die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Saam met die brode moet julle sewe gesonde jaaroud ram-lammers bring en ook een jong bul en twee skaap-ramme, dit is 'n brand-offer vir die Here. Julle moet ook die koring-offers en die drank-offers bring wat daarby moet wees. Dit is vuur-offers, dit ruik lekker vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Bo en behalwe die brood moet julle ’n offer vir die Here bring van sewe jaaroud lammers sonder foute, ’n jong bul en twee ramme. Saam met die offers uit die graan en die offer van wyn, is dit ’n offer wat vir die Here verbrand word waarvan Hy besonder baie hou. |