Leviticus 23:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En tot die môre ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; en julle moet 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hou aan tel tot die dag ná die sewende Sabbat, dit wil sê, 50 dae later, en bring dan ’n offer van graan wat pas geoes is vir die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | tot die dag ndie sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring. |
| Afrikaans 1983 | Die dag ná die sewende sabbat, op die vyftigste dag, moet julle vir die Here 'n graanoffer bring uit die pas geoeste graan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle moet vyftig dae tel tot op die dag ná die sewende Sabbat. Bring dan 'n nuwe graanoffer vir die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet julle 50 dae tel tot op die dag ná die sewende Sabbatdag, en dan moet julle 'n nuwe koring-offer bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | tot op die 50ste dag. Dit is die eerste dag na die sewende sabbat. Op daardie dag moet julle weer ’n offer vir die Here bring uit die graan wat so pas geoes is. |