Leviticus 23:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet vir julle tel van die môre ná die sabbat af, van die dag af dat julle die beweegoffergerf gebring het; sewe sabbatte moet voltooi wees: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vanaf die dag ná die Sabbat, die dag waarop die gerf are opgelig is as ’n offer, moet julle sewe weke aftel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet julle tel van die dag ndie sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; |
| Afrikaans 1983 | “Van die dag ná die sabbat af, die dag waarop julle die are as beweegoffer vir die Here aanbied, moet julle sewe volle weke tel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Vanaf die dag ná die Sabbat, vanaf die dag waarop julle 'n gerf as gewyde gawe bring, moet julle die dae aftel: Sewe volle weke moet dit wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet julle sewe weke tel, julle moet dit tel van die dag ná die Sabbatdag, die dag wanneer julle die gerf bring om 'n beweeg-offer te wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Van die dag af nadat julle die eerste gerf graan kom offer het, moet julle ’n volle sewe weke aftel |