Leviticus 23:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En sy spysoffer moet twee tiendes fynmeel gemeng met olie wees, 'n vuuroffer aan die HERE as lieflike geur; en sy drankoffer moet wyn wees, 'n vierde van 'n hin. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit moet saam met ’n graanoffer gebring word. Dit sal bestaan uit drie kilogram meel gemeng met olyfolie. Dit is ’n vuuroffer vir die Here en baie aangenaam vir Hom. Saam met die offer moet julle ook een liter wyn as ’n drankoffer offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hin. |
| Afrikaans 1983 | sowel as 'n graanoffer van drie kilogram meel aangemaak met olyfolie. Dit is 'n offer wat deur My, die Here, aanvaar word. Daarby moet een liter wyn as drankoffer gebring word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | met die bepaalde •graanoffer van twee tiendes van 'n efa gesifte meel met olyfolie gemeng, as 'n offergawe aan die Here, 'n geurige offer, asook die bepaalde •drankoffer van 'n kwart hin wyn. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet ook 'n koring-offer saambring. Die koring-offer moet twee tiendes van 'n efa van die beste meel wees. Julle moet dit met olyf-olie meng en knie. Die drank-offer moet 'n kwart hin wyn wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n offer uit die graan van drie kilogram meel wat met olie gemeng is - waarvan die Here so baie hou - en ’n offer van een liter wyn. |