Leviticus 23:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die dag as julle die gerf beweeg, moet julle 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei.
Afrikaans (NLV) 2011 Dieselfde dag moet julle ’n jaaroud skaapram sonder enige liggaamsgebrek as ’n brandoffer vir die Here bring.
Afrikaans 1933/1953 Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,
Afrikaans 1983 Wanneer julle die are as beweegoffer aanbied, moet julle ook 'n jaaroud lam sonder liggaamsgebrek as brandoffer aan die Here bring,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die dag wanneer julle die gerf aanbied, moet julle 'n jaaroud lam sonder gebrek as •brandoffer vir die Here bring
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op dieselfde dag moet julle 'n gesonde jaaroud lam bring om 'n brand-offer vir die Here te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet tegelyk daarmee saam ook vir die Here ’n gesonde lam van ’n jaar oud bring om te offer,