Leviticus 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg om vir julle welgevallig te wees; die môre ná die sabbat moet die priester dit beweeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal dit op die dag ná die Sabbat in die teenwoordigheid van die Here oplig sodat dit ter wille van julle aanvaar kan word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ndie sabbat moet die priester dit beweeg. |
| Afrikaans 1983 | Hy moet die are as beweegoffer vir My, die Here, aanbied sodat julle vir My aanneemlik sal wees. Die priester moet dit die dag ná die sabbat doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet die gerf voor die Here aanbied dat dit tot julle voordeel strek. Op die dag ná die Sabbat moet die priester dit aanbied. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet die gerf heen en weer beweeg voor die Here, dan sal die Here dit van julle aanvaar. Die priester moet die gerf beweeg op die dag ná die Sabbatdag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar by die tent moet dit op die eerste dag na die sabbatdag vir die Here gaan gee sodat die Here julle goedgesind kan wees. |