Leviticus 23:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Wanneer julle in die land inkom wat Ek aan julle gee, en die oes daarvan afoes, moet julle 'n gerf van die eerstelinge van julle oes na die priester bring.
Afrikaans (NLV) 2011 om die volgende instruksies vir die Israeliete te gee: “Wanneer julle in die land bly wat Ek aan julle gee, en julle samel die eerste oes in, bring vir die priester die eerste gerf van die graanoes.
Afrikaans 1933/1953 Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring.
Afrikaans 1983 “Sê vir die Israeliete: Wanneer julle in die land kom wat Ek aan julle gee, en julle samel die graanoes in, moet elkeen die eerste ryp are van sy oes na die priester toe neem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Praat met die Israeliete en sê vir hulle, ‘Wanneer julle in die land kom wat Ek vir julle gaan gee en julle die graanoes insamel, moet julle die eerste gerf van julle graanoes na die priester bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir die Israeliete sê: Wanneer julle kom in die land wat Ek vir julle gee, en julle sny die koring en die gars af, dan moet julle die eerste gerf wat julle afsny, vir die priester bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) vir die Israeliete gesê: “Wanneer julle eendag in die land woon wat Ek aan julle gaan gee en julle begin daar oeste insamel, moet julle die eerste gerf graan wat julle afsny na my tent bring.