Leviticus 22:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle moet dan my verordening onderhou, sodat hulle nie daarvoor sonde dra en daarom sterwe as hulle dit ontheilig nie; Ek, die HERE, heilig hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Waarsku alle priesters om hierdie reëls noukeurig na te kom, anders sal hulle gestraf word en sterf omdat hulle oortree het. Ek is die Here wat hulle heilig maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig. |
| Afrikaans 1983 | “Die priesters moet my bevel gehoorsaam en nie sondig nie. Hulle sal sterf as hulle die gewyde gawes ontwy. Ek, die Here, heilig die priesters. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters moet die verpligtinge nakom wat Ek oplê. Hulle moet nie skuld op hulle laai en sterf omdat hulle die heilige gawes ontheilig het nie. Ek, die Here, heilig hulle. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priesters moet aanhou om te doen wat Ek wil hê, sodat hulle nie skuldig word en sterf omdat hulle die tempel ontwy het nie. Ek is die Here, Ek het hulle gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaars moet doen soos die Here sê. Hulle moet nie die Here se opdragte belaglik maak nie. Hulle sal sterf as hulle die gewyde gawes ontwy. Ek is die Here wat hulle aan my diens toegewy het.” |