Leviticus 22:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat vanself sterwe of verskeur is van diere, mag hy nie eet om hom daarmee te verontreinig nie; Ek is die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die priesters mag nooit vleis eet van ’n dier wat aan natuurlike oorsake gevrek het of wat deur wilde diere verskeur is nie, want dit sal hulle onrein maak. Ek is die Here.
Afrikaans 1933/1953 Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur nie onrein word nie. Ek is die HERE.
Afrikaans 1983 Hy mag nie die vleis eet van 'n dier wat gevrek het of wat deur roofdiere verskeur is nie. Dit maak hom onrein. Ek is die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Iets wat doodgegaan het of verskeur is, mag hy nie eet nie sodat hy nie daardeur onrein word nie. Ek is die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer 'n dier self gevrek het of wanneer 'n wilde dier dit gevang het, dan mag 'n priester nie die vleis eet nie, want die priester sal dan onrein word. Ek is die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaars moenie ’n dier eet wat vanself gevrek het of wat deur ander diere verskeur is nie. Dit maak dat hy nie reg is om sy werk te doen nie. Ek is die Here.