Leviticus 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of elkeen wat aan enige kruipende gedierte raak, waardeur hy onrein kan word, of 'n man van wie hy onrein kan neem, watter onreinheid hy ook al het;
Afrikaans (NLV) 2011 of deur ’n kruipende dier aan te raak wat onrein is, of deur aan iemand te raak wat onrein is vir watter rede ook al,
Afrikaans 1933/1953 of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak, waardeur hy onrein word, of aan 'n mens, deur wie hy onrein word ten gevolge van watter onreinheid ook al
Afrikaans 1983 of aan enige dier of persoon geraak het wat hom op enige manier onrein maak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) of 'n man wat aan enige kruipende dier geraak het waardeur hy onrein geword het, of aan 'n mens deur wie hy op enige wyse onrein geword het –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy word ook onrein wanneer hy raak aan 'n man wat onrein geword het van enige een van die klein diertjies, of aan 'n mens wat onrein is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) of geraak het aan enige kruipende insek wat hom kan besoedel nie. Wanneer hy aan ’n ander mens gevat het en sy onreinheid op hom oorgedra het, is hy ook nie reg nie.