Leviticus 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Elkeen van die nageslag van Aäron is melaats of het 'n vloeiende vloeiing; van die heilige gawes mag hy nie eet totdat hy rein is nie. En elkeen wat aan enigiets raak wat deur die dode onrein is, of aan 'n man wie se saad van hom weggaan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As enige priester uit die nageslag van Aäron ’n aansteeklike velsiekte het, of ’n afskeiding wat hom onrein maak, mag hulle nie van die heilige offers eet voordat hulle rein verklaar is nie. As enige priester onrein sou raak deur aan ’n lyk te raak of deur ’n saadstorting, |
| Afrikaans 1933/1953 | Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of 'n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur 'n lyk onrein is, of van wie 'n saadvloeiing uitgaan, |
| Afrikaans 1983 | “Geen priester uit die geslag van Aäron wat 'n velsiekte of 'n afskeiding het wat hom onrein maak, mag van die gewyde gawes eet voordat hy weer rein is nie. As 'n priester aan enigiets geraak het wat deur 'n lyk verontreinig is, of as hyself 'n saadvloeiing gehad het |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Enige man uit die nageslag van Aäron wat 'n velsiekte of afskeiding het, mag totdat hy rein is, nie van die heilige gawes eet nie. Iemand wat aan enigiets raak wat deur 'n lyk verontreinig is, of 'n man wat 'n saadvloeiing gehad het, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer 'n man van die nageslag van Aäron melaats is of daar kom iets nat uit hom, dan moet hy eers rein word, en daarna mag hy eet van die gewyde presente. “'n Man word onrein as daar saad uit hom gekom het, of as hy aan 'n lyk geraak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand uit Aäron se familie ’n aansteeklike velsiekte het, of ’n afskeiding het, mag hy nie van die offers eet voor hy gesond geword het nie. ’n Dienaar is nie reg vir sy werk as hy aan ’n dooie ding gevat het nie. Hy is ook nie reg as hy saad gestort het |