Leviticus 22:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En julle mag my heilige Naam nie ontheilig nie; maar Ek sal geheilig word onder die kinders van Israel; Ek is die HERE wat julle heilig,
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie my heilige Naam ontheilig nie. Die volk Israel moet My as die Heilige erken. Dit is Ek, die Here, wat julle heilig maak.
Afrikaans 1933/1953 En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,
Afrikaans 1983 “Julle mag nie my heilige Naam ontheilig nie. Die hele Israel moet My as die Heilige erken. Ek, die Here, heilig julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle mag my heilige Naam nie ontheilig nie, sodat Ek onder die Israeliete as die Heilige geld. Ek, die Here, heilig julle,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag nie my heilige Naam ontwy nie, julle moet vir die Israeliete wys dat Ek heilig is. Ek is die Here, Ek het julle gewy.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie my hoë Naam belaster nie. Die Israeliete moet onthou dat Ek die enigste God is. Ek is die Here. Ek het julle vir My afgesonder.