Leviticus 22:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sê vir hulle: Elkeen uit julle hele nageslag onder julle geslagte wat na die heilige dinge gaan wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet van my aangesig uitgeroei word; die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Herinner hulle daaraan dat nie een van hulle afstammelinge die offer wat die Israeliete aan My opgedra het, mag bring terwyl hulle self onrein is nie. So ’n persoon mag nooit weer in my teenwoordigheid diens doen nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, die siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Sê vir hulle: Nie een van julle of julle nakomelinge mag ooit van die gewyde gawes wat die Israeliete aan My wy, gebruik terwyl hy onrein is nie. Die persoon wat dit doen, mag nooit weer in my teenwoordigheid diens doen nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sê vir hulle, ‘As daar onder toekomstige geslagte enigiemand van julle nakomelinge is, wat terwyl hy •onrein is, naby die heilige gawes kom wat die Israeliete aan die Here gewy het, moet daardie persoon uit my teenwoordigheid verwyder word. Ek is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet vir hulle sê: Wanneer iemand van julle nageslag onrein is, en hy kom naby die gewyde presente wat die Israeliete aan die Here gewy het, dan moet julle hom afsny van my tempel. Ek is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses moes vir hulle sê: “Enigeen onder julle of julle kinders wat met die offers werk wat die Israeliete vir die Here bring terwyl hy nie reg is daarvoor nie, sal uit sy werk weggevat word. |