Leviticus 22:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer 'n bul of 'n skaap of 'n bok gebaar word, moet dit sewe dae onder die moeder wees; en van die agtste dag af en verder sal dit welgevallig wees as 'n vuuroffer aan die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wanneer ’n bul of ’n skaapram of bokram gebore word, moet dit sewe dae lank by sy ma bly. Vanaf die agtste dag is dit aanvaarbaar as ’n vuuroffer vir die Here.
Afrikaans 1933/1953 As 'n bees of 'n lam of 'n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as 'n vuuroffergawe aan die HERE.
Afrikaans 1983 “'n Kalf of 'n skaaplam of 'n boklam wat aankom, moet 'n week lank by sy ma bly. Van die agste dag af is die diertjie aanneemlik as 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Wanneer 'n bees of skaap of bok gebore word, moet dit sewe dae lank by sy ma bly, maar van die agtste dag af en daarna is dit aanvaarbaar as 'n offergawe aan die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Wanneer 'n kalf of 'n lam gebore is, dan moet hy sewe dae lank by sy ma bly. Van die agste dag af sal ek dit aanvaar om 'n vuur-offer vir My te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “’n Kalf of skaaplam of boklam wat gebore word, moet eers sewe dae lank by sy ma bly. Van die agtste dag af mag dit by haar weggevat word en as ’n offer vir die Here gebruik word.