Leviticus 22:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En uit die hand van 'n vreemdeling mag julle die brood van julle God van een van hierdie nie offer nie; want hulle verdorwenheid is in hulle en gebreke aan hulle; hulle sal vir jou nie welgevallig word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Verminkte of gebreklike diere van vreemdelinge mag ook nie as ’n offer aan julle God geoffer word nie. Sulke diere is onaanvaarbaar omdat hulle gebreklik is.”
Afrikaans 1933/1953 en uit die hand van 'n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, 'n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.
Afrikaans 1983 Julle mag ook nie 'n os of 'n hamel wat julle by 'n uitlander kry, aan julle God offer nie. Sulke diere is vermink, hulle het 'n liggaamlike tekortkoming, en die Here sal dit nie van julle aanneem nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook uit die hand van 'n buitelander mag julle nie enige van hierdie diere as voedsel vir julle God aanbied nie, want hulle is vermink, met 'n liggaamsgebrek. Hulle sal nie tot julle voordeel aanvaar word nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle mag ook nie so 'n dier neem van iemand wat nie 'n Israeliet is nie en julle mag dit nie offer om kos te wees vir julle God nie, want die dier is gebreklik, hy is nie gesond nie. Ek sal dit nie aanvaar nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle mag ook nie gekastreerde diere van uitlanders koop en vir julle God offer nie. Hulle is vermink. Die Here sal hulle nie van jou aanvaar nie.”