Leviticus 22:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle mag nie aan die HERE offer wat verbrysel of verbrysel is, of gebreek of gesny is nie; en julle mag daarvan geen offer in julle land bring nie.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Dier met beseerde testikels of wat gekastreer is, mag nooit vir die Here geoffer word nie.
Afrikaans 1933/1953 'n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,
Afrikaans 1983 Julle mag nie 'n os of 'n hamel aan die Here offer nie, ongeag die manier waarop dit gekastreer is. Sulke offers mag julle in julle land nie bring nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Dier met papgedrukte, vergruisde, afgetrekte of afgesnyde testikels mag julle nie vir die Here bring nie. In julle land mag julle dit nie doen nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer 'n dier se geslagsorgane stukkend gedruk is of geskeur is of gesny is, dan mag julle dit nie vir die Here offer nie. Julle mag dit nie doen in julle land nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Julle mag nie ’n gekastreerde dier, of dit ’n os of ’n hamel is, vir die Here offer nie. Dit mag nie in julle land gebeur nie.