Leviticus 22:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of 'n bul of 'n lam wat iets oorbodig of gebrek het in sy dele, wat jy as vrywillige offer kan bring; maar vir 'n gelofte sal dit nie aanvaar word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n bul of ’n lam misvormd of klein is, mag dit as ’n vrywillige offer dien, maar dit mag nie geoffer word om ’n gelofte na te kom nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar 'n bees of stuk kleinvee waarvan 'n liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer berei; maar as gelofte offer sal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.
Afrikaans 1983 As vrywillige gawes mag julle wel beeste of kleinvee met misvormde liggaamsdele offer, maar sulke diere mag nie gebruik word om 'n gelofte na te kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) 'n Bees of 'n stuk kleinvee met 'n abnormale lang of kort ledemaat – as vrywillige offer mag jy dit bring, maar vir 'n gelofte sal dit nie aanvaar word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer julle graag self 'n offer wil gee, dan mag julle 'n bees of 'n skaap gee wat gebreklik is, maar dit mag nie 'n gelofte-offer wees nie, die Here sal dit nie aanvaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit sommer ’n vrywillige offer is, mag julle wel ’n bees of ’n skaap bring wat misvormd is of onderontwikkeld is. Julle mag egter nie met sulke diere julle beloftes nakom nie.