Leviticus 22:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat 'n dankoffer aan die HERE bring om sy gelofte na te kom, of 'n vrywillige offer van beeste of skape, dit sal volmaak wees om aangeneem te word; daar mag geen gebrek daaraan wees nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy een van jou diere as ’n maaltydoffer vir die Here bring, of dit nou is om ’n gelofte na te kom en of dit ’n vrywillige offer is, moet jy ’n dier sonder enige liggaamsgebrek offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as iemand 'n dankoffer aan die HERE offer om 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer iemand 'n maaltydoffer aan die Here bring om 'n gelofte na te kom of as 'n vrywillige offer, is 'n bees of 'n stuk kleinvee sonder liggaamsgebrek aanneemlik. Die dier mag nie enige liggaamlike tekortkominge hê nie: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer iemand vir die Here 'n •maaltydoffer uit die grootvee of die kleinvee aanbied om 'n gelofte te vervul, of as 'n vrywillige offer, moet dit sonder gebrek wees om aanvaar te word. Dit mag geen liggaamsgebrek hê nie, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “En wanneer 'n persoon vir die Here ete-offers bring om 'n gelofte te betaal, of as hy graag 'n offer wil gee, dan moet hy 'n bees of 'n skaap of 'n bok offer wat gesond is. Die Here sal dit aanvaar, maar die dier moet heeltemal gesond wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As iemand ’n offer vir die Here bring om sy beloftes na te kom of gewoon net om sy goeie gesindheid vir die Here te wys, moet dit ’n gesonde dier uit die beeste of die kleinvee wees. As ’n dier iets makeer, gaan dit beslis nie vir die Here reg wees nie. |