Leviticus 22:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle hulle moet afsonder van die heilige dinge van die kinders van Israel, en dat hulle my heilige Naam nie ontheilig in die dinge wat hulle aan My heilig nie: Ek is die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sê vir Aäron en sy seuns om die heilige gawes wat die Israeliete vir My eenkant afsonder, met sorg te hanteer sodat hulle nie my Naam ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir Aäron en sy seuns hulle moet versigtig omgaan met die gewyde gawes wat die Israeliete aan My wy, sodat hulle nie my heilige Naam ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Praat met Aäron en sy seuns, sodat hulle die •heilige gawes wat die Israeliete aan My toewy, met eerbied hanteer en my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir Aäron en sy seuns sê hulle moet versigtig wees met die gewyde presente wat die Israeliete aan My wy, die priesters moenie my heilige Naam ontwy nie. Ek is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | om vir Aäron en sy seuns te waarsku om die offers wat die Israeliete vir die Here bring, met groot versigtigheid te hanteer. “Hulle dra die verantwoordelikheid vir die volk se offers aan die Here. Hulle moenie deur die manier waarop hulle optree die Naam van die Here gaan sleg maak nie. Ek is tog die Here.” |