Leviticus 22:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Spreek met Aäron en met sy seuns en met al die kinders van Israel, en sê vir hulle: Wat hy ook al is uit die huis van Israel of van die vreemdelinge in Israel, wat sy spysoffer vir al sy geloftes en vir al sy vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer sal bring;
Afrikaans (NLV) 2011 “Gee vir Aäron en sy seuns en al die Israeliete hierdie instruksies. Dit is van toepassing op gebore Israeliete en op vreemdelinge wat tussen julle woon. As jy ’n brandoffer vir die Here offer, of dit nou is om ’n gelofte na te kom en of dit ’n vrywillige offer is,
Afrikaans 1933/1953 Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer bring
Afrikaans 1983 [18-19] “Sê vir Aäron, vir sy seuns en vir al die Israeliete: Wanneer enige Israeliet of vreemdeling in Israel aan die Here 'n brandoffer wil bring, moet dit vir die Here aanneemlik wees, of dit nou bedoel is om geloftes na te kom en of dit bedoel is as vrywillige offers. Dit moet 'n bul, 'n skaapram of 'n bokram wees en sonder liggaamsgebrek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Praat met Aäron en sy seuns en met al die Israeliete en sê vir hulle, ‘Enige man uit die huis van Israel en uit die •vreemdelinge in Israel wat sy offer bring – naamlik enige van die gelofte- of vrywillige offers wat hulle as •brandoffer vir die Here bring –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet vir Aäron en sy seuns en al die Israeliete sê: 'n Israeliet of 'n vreemdeling wil miskien 'n gelofte-offer bring, of hy het 'n offer wat hy graag self wil gee om 'n brand-offer vir die Here te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) om vir Aäron en sy seuns en vir die Israeliete te sê: “Wanneer enige Israeliet of enige van die mense wat by hulle bly, ’n offer vir die Here bring, óf om sy belofte na te kom óf bloot net vrywillig,