Leviticus 22:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Of laat hulle die ongeregtigheid van oortreding dra as hulle hul heilige gawes eet; want Ek, die HERE, heilig hulle.
Afrikaans (NLV) 2011 deur toe te laat dat onbevoegde persone daarvan eet nie. So ’n nalatige priester bring skuld op die volk wat weer betaal moet word. Ek is die Here wat hulle heilig maak.”
Afrikaans 1933/1953 en op hulle geen strafbare skuld laai deurdat hulle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Afrikaans 1983 Hulle mag nie toelaat dat onbevoegde persone van die gewyde gawes eet nie, want dan sal hulle straf oor hulleself bring. Ek, die Here, heilig die priesters.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle die heilige gawes eet, sal hulle skuld wat boetedoening vereis op die Israeliete laai, want Ek, die Here, heilig dit.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hulle dit doen wanneer hulle van die gewyde kos eet, dan sal hulle skuldig wees, en dan moet hulle 'n skuld-offer bring. Ek is die Here, Ek het hulle gewy.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle ander mense toelaat om daarvan te eet, sal Ek hulle daarvoor verantwoordelik hou. Ek, die Here, het die dienaars Myne alleen gemaak.”