Leviticus 22:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as iemand onwetend van die heiligdom eet, moet hy die vyfde deel daarvan bysit en dit saam met die heiligdom aan die priester gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Iemand wat van die heilige offers eet sonder om dit te besef, moet die priester daarvoor betaal plus ’n addisionele heffing van twintig persent.
Afrikaans 1933/1953 En as iemand by vergissing iets eet wat heilig is, moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg, en so wat heilig is, aan die priester teruggee.
Afrikaans 1983 “As 'n onbevoegde persoon per ongeluk van die gewyde gawes eet, moet hy die waarde daarvan plus twintig persent aan die priester uitbetaal.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer iemand onopsetlik iets eet wat heilig is, moet hy die heilige gawe aan die priester teruggee en 'n vyfde byvoeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As 'n persoon van die gewyde kos eet maar hy het nie geweet dat dit gewyde kos is nie, dan moet hy vir die priester 'n gewyde present gee en hy moet nog een vyfde van die kos daarby sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As iemand van die offers geëet het sonder om te weet dat dit offervleis is, moet hy dit vir die dienaar by die tent vergoed en 120% van die waarde daarvan vir hom teruggee.