Leviticus 22:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die dogter van die priester 'n weduwee is of geskei is en geen kind het nie en teruggaan na die huis van haar vader soos in haar jeug, dan mag sy van haar vader se voedsel eet; maar geen vreemdeling mag daarvan eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 As sy egter ’n weduwee word of geskei en nie enige kinders het nie, en sy kom bly weer in haar pa se huis, mag sy weer van haar pa se kos eet. Behalwe vir hierdie uitsonderings, word net die priesters se families toegelaat om van die heilige offers te eet.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die dogter van 'n priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug, dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maar geen onbevoegde mag daarvan eet nie.
Afrikaans 1983 “As so 'n dogter egter 'n weduwee word of van haar man skei en sy geen kinders het nie, mag sy weer by haar pa gaan inwoon soos toe sy 'n jongmeisie was en kan sy ook van die kos eet wat hy ontvang. Geen onbevoegde persoon mag egter van die gewyde gawes eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar wanneer die dogter van 'n priester 'n weduwee word, of verstoot word, en sy geen nageslag het nie en na haar vader se huis terugkeer soos in haar jeug, mag sy van haar vader se brood eet. Geen onbevoegde persoon mag daarvan eet nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As 'n priester se dogter 'n weduwee geword het of as sy geskei het van haar man en sy het nie kinders nie en sy gaan woon weer in haar pa se huis soos toe sy jonk was, dan mag sy van haar pa se kos eet. Iemand wat nie 'n priester is nie, mag nie van die kos eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As sy dogter ’n weduwee word of van haar man skei, en sy het geen kinders nie en sy kom bly weer by haar pa soos toe sy nog ’n afhanklike kind was, mag sy saam met haar pa van sy deel eet. Iemand wat nie uit Aäron se familie is nie, mag egter glad nie van die offers eet nie.