Leviticus 22:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geen vreemdeling mag van die heiligdom eet nie: 'n bywoner van die priester of 'n dagloner mag nie van die heiligdom eet nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Iemand wat nie aan die familie van ’n priester behoort nie, mag nooit van die heilige offers eet nie, selfs nie eers as die persoon in ’n priester se huis woon of een van sy gehuurde slawe is nie.
Afrikaans 1933/1953 Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. 'n Bywoner van 'n priester en 'n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
Afrikaans 1983 “Geen onbevoegde persoon mag van die gewyde gawes eet nie, ook nie 'n bywoner of dagloner van 'n priester mag daarvan eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Geen onbevoegde persoon mag eet wat heilig is nie. 'n Priester se bywoner of dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat nie 'n priester is nie, mag nie van die gewyde presente eet nie. 'n Priester se bywoner of sy dagloner mag nie van die gewyde presente eet nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Iemand wat nie by die Here se tent werk nie, mag nie van die offers eet nie. Iemand wat by hom in sy huis woon en iemand wat vir hom werk, mag ook nie daarvan eet nie.