Leviticus 21:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die dogter van 'n priester, as sy haar ontheilig deur te hoereer, ontheilig sy haar vader; sy moet met vuur verbrand word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As ’n priester se dogter ’n prostituut word en so haar pa se heiligheid onrein maak, moet sy verbrand word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as die dogter van 'n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word. |
| Afrikaans 1983 | “As 'n priester se dogter haar ontwy deur te hoereer, ontwy sy ook haar pa. Sy moet verbrand word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die dogter van 'n priester haarself verontreinig deur hoerery, verontreinig sy ook haar vader. Sy moet met vuur verbrand word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “As 'n priester se dogter haarself ontwy en sy word 'n prostituut, dan het sy ook haar pa ontwy. Julle moet haar verbrand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die dienaar by God se tent ’n dogter het wat ’n prostituut geword het, bring dit haar pa in die skande. Sy moet met vuur verbrand word.” |