Leviticus 21:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet jy Hom heilig; want Hy offer die brood van jou God; heilig moet hy vir jou wees; want Ek, die HERE, wat julle heilig, is heilig.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet hulle as heiliges behandel omdat hulle offers vir julle God bring. Ag die priesters as heilig, want Ek, die Here, is heilig en Ek maak julle heilig.
Afrikaans 1933/1953 Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
Afrikaans 1983 “Jy moet die heiligheid van die priester erken, Israel! Hy is immers die een wat die offers vir jou God aanbied. Die priester moet vir jou heilig wees, want Ek die Here is heilig en Ek heilig julle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Erken 'n priester se heiligheid, want hy bied die voedsel van jou God by die altaar aan. Hy moet vir jou heilig wees, want Ek, die Here, wat julle heilig, is heilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Israeliete, julle moet altyd onthou dat die priester gewyd is, want hy offer die kos van julle God. Die priester moet altyd vir julle gewyd bly, want Ek, die Here, is heilig, en Ek wy julle aan My.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat hy die een is wat die offer vir God bring, moet jy hom respekteer as een wat net vir God leef. Jy moet hom behandel as iemand wat aan God behoort. Ek, die Here, is die enigste God. Ek verbind julle aan My sodat julle aan niemand anders behoort nie.