Leviticus 21:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of onheilig is nie; en 'n vrou wat van haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie, want hy is heilig aan sy God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die priesters mag nie met vroue trou wat onrein is as gevolg van prostitusie nie. Die priesters mag ook nie trou met vroue wat geskei is nie, want priesters is vir God afgesonder as heilig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of 'n onteerde is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God. |
| Afrikaans 1983 | “'n Priester mag nie trou met 'n prostituut of met 'n meisie wat nie meer 'n maagd is nie. Hy mag ook nie met 'n geskeide vrou trou nie; hy is aan sy God gewy. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Hulle mag nie vroue neem wat hoereer en nie meer maagde is nie. Vroue wat deur hulle mans verstoot is, mag hulle ook nie neem nie; want 'n priester is heilig vir sy God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “'n Priester mag nie trou met 'n vrou wat 'n prostituut is nie, of met 'n vrou wat voorheen seks gehad het met 'n man, of met 'n vrou wat geskei is van haar man nie. Want die priester is aan sy God gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Iemand wat by die Here se tent werk, mag nie met ’n prostituut trou of met ’n vrou wat in die skande gekom het nie. Hy mag ook nie met ’n vrou trou wat van haar man geskei is nie. Hy moet afgesonder en aan sy God toegewy leef. |