Leviticus 21:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle moet aan hulle God heilig wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want die vuuroffers van die HERE en die brood van hulle God bring hulle; daarom moet hulle heilig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle is afgesonder vir God as heilig en mag nooit sy Naam oneer aandoen nie. Hulle is tog die mense wat die vuuroffer vir die Here bring en so aan God voedsel verskaf. Daarom moet hulle heilig bly.
Afrikaans 1933/1953 Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.
Afrikaans 1983 Hulle moet aan hulle God alleen gewy wees en mag nie sy Naam ontheilig nie. Omdat hulle gedurig offers aan die Here hulle God bring, moet hulle gewyd bly.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle moet heilig wees vir hulle God en nie die Naam van hulle God ontheilig nie. Omdat hulle die offergawes aan die Here, die voedsel van hulle God, by die altaar aanbied, moet hulle heilig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die priesters moet aan hulle God gewy wees. Hulle mag nie die Naam van hulle God ontwy nie, want hulle moet die vuur-offers van die Here offer. Dit is die kos vir hulle God, en hulle moet gewyd wees wanneer hulle dit offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle moet heeltemal toegewyd wees aan hulle God en hulle moenie iets doen wat sy Naam oneer sal aandoen nie. Hulle moet op ’n manier leef wat wys dat hulle met alles aan die Here behoort. Dit is hulle werk om die offers vir die Here te bring en sy offerdiens by die tent aan die gang te hou.