Leviticus 21:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle mag geen kaalte op hulle hoof maak nie, en hulle mag die hoek van hulle baard nie afskeer en geen snye in hulle vlees maak nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die priesters mag nooit hulle hare of die baard aan die kant van hulle gesig afskeer nie. Hulle mag ook nie snye op hulle liggame maak nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie. |
| Afrikaans 1983 | Priesters mag nie as teken van rou hulle hare of wangbaard afskeer of aan hulle liggame snymerke maak nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ Priesters mag nie 'n kaal kol op hulle koppe skeer nie; die kante van hulle baarde mag hulle nie afskeer en aan hulle liggame mag hulle nie snye maak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Priesters mag nie die hare langs die kante van hulle kop en hulle baard afskeer as hulle wil rou nie, en hulle mag nie hulle vel stukkend sny nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God se dienaars mag ook nie soos die ongelowiges ’n kaal kol op hulle kop afskeer of die kant van hulle baard wegsny of merke op hulleself uitkerf wanneer hulle oor dooies rou nie. |