Leviticus 21:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy mag net nie by die voorhangsel ingaan en nie naby die altaar kom nie, want hy het 'n gebrek; dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie, want Ek, die HERE, heilig hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As gevolg van sy fisiese gebrek mag hy nooit agter die voorhangsel ingaan of na die altaar kom nie omdat dit my heilige plekke sal verontreinig. Ek is die Here wat dit heilig gemaak het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig. |
| Afrikaans 1983 | Hy mag egter nie naby die voorhangsel of naby die altaar kom as hy 'n liggaamlike tekortkoming het nie. Ek, die Here, het hierdie dinge geheilig en dit mag nie ontheilig word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | maar na die voorhangsel mag hy nie gaan nie en by die altaar mag hy nie kom nie, want hy het 'n liggaamsgebrek. Hy mag nie my heilige voorwerpe ontheilig nie, want Ek, die Here, heilig dit.’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy mag nie by die gordyn kom nie en hy mag nie naby die altaar kom nie, want hy is nie heeltemal gesond nie. As hy dit doen, dan sal hy my tempel-tent ontwy. Ek het self al hierdie dinge gewy.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat hy gestremd is, mag hy egter glad nie naby die gordyn in die tent of by die altaar kom nie. Ek, die Here, het my tent afgesonder en dit iets spesiaals gemaak. Hy sal afbreuk daaraan doen as hy daar kom.” |