Leviticus 21:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Spreek met Aäron en sê: Elkeen uit jou nageslag in hulle geslagte wat 'n gebrek het, laat hom nie nader om die brood van sy God te offer nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vertel vir Aäron dat wat toekomstige geslagte betref, afstammelinge wat ’n liggaamsgebrek het, nie kwalifiseer om aan hulle God te offer nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie. |
| Afrikaans 1983 | “Sê vir Aäron: Geeneen van jou nakomelinge met 'n liggaamlike tekortkoming mag ooit 'n offer aan God bring nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Praat met Aäron en sê vir hom, ‘Niemand uit jou nageslag aan wie daar 'n liggaamsgebrek is, mag tot in alle geslagte nader kom om die voedsel van sy God by die altaar aan te bied nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet vir Aäron sê: Wanneer iemand van jou nageslag nie heeltemal gesond is nie, dan mag hy nie by die altaar kom om sy God se kos te offer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | om Aäron te beveel dat niemand uit sy nageslag wat ’n fisieke gebrek het, ooit die offers by die tent mag bring nie. |