Leviticus 21:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | 'n Weduwee of 'n geskeide vrou of 'n onheilige of 'n hoer, dit mag hy nie neem nie; maar 'n maagd uit sy eie volk moet hy as vrou neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy mag nie met ’n weduwee, ’n geskeide vrou of met ’n vrou wat onrein is deur prostitusie trou nie. Sy moet ’n maagd uit sy eie stam wees |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n onteerde, of 'n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem, |
| Afrikaans 1983 | Met 'n weduwee, 'n geskeide vrou, 'n vrou wat nie meer 'n maagd is nie, of met 'n prostituut, mag hy nie trou nie. Hy mag alleen met 'n maagd uit sy eie stam trou, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Weduwee, 'n geskeide vrou, iemand wat nie meer 'n maagd is nie en 'n hoer, mag hy nie as vrou neem nie. Slegs 'n maagd uit sy eie mense mag hy as vrou neem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy mag nie trou met 'n weduwee of met 'n vrou wat geskei is van haar man nie. Hy mag nie trou met 'n vrou wat voorheen seks gehad het met 'n man of met 'n prostituut nie. Hy moet trou met 'n jongmeisie van sy eie volk |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy mag ook net uit sy eie volk kom. Hy mag glad nie met ’n weduwee trou, of met ’n geskeide vrou of een wat in die skande gekom het, of een wat ’n prostituut is nie. |