Leviticus 21:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy mag ook nie uit die heiligdom uitgaan en die heiligdom van sy God nie ontheilig nie; want die kroon van die salfolie van sy God is op hom: Ek is die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy mag nie die heiligdom van sy God ontheilig deur dit te verlaat om ’n begrafnis by te woon nie. Hy is immers deur die salfolie van sy God heilig gemaak. Ek is die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hy mag nie die heiligdom verlaat met die oog op 'n sterfgeval nie, want hy kan dalk die heiligdom van sy God ontwy. As hoëpriester is hy met olie gesalf en dra hy die wydingsteken van sy God. Ek is die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy mag nie eers by die heiligdom uitgaan en so die heiligdom van sy God ontheilig nie. Die wyding met die salfolie van sy God rus immers op hom. Ek is die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy mag nie uit die tempel gaan wanneer hy wil rou nie, hy sal die tempel-tent van sy God ontwy. Die hoëpriester dra die kroon wat wys dat hy gesalf is en dat hy aan sy God gewy is. Ek is die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | by die tent van die Here weggaan nie. Dit sal die Here se plek iets alledaags maak. Hy is tog anders. Die Here het hom spesiaal aangestel vir sy werk. Ek is die Here. |